Lokale

Beplan jy 'n funksie? Benodig jy 'n gesinsvriendelike perseel of lokaal vir jou funksie? Ons het die ideale lokale vir klein en medium funksies met "Jan Se Skuld" se wenner diens as bonus. Kontak ons gerus om te kom kyk na wat ons jou kan bied. Troues, Verjaardae, Familiegeleenthede, of net lekker kuier saam met groep vriende, enige iets waar jy 'n veilige, kindervriendelike atmosfeer met veilige parkering soek. Ons help graag!!

Boma :

Ons "Boma" leen hom uit vir groterige funksies van tot 50 mense, met lieflike atmosfeer in die opelug en bied parkering vir jou gaste. Genoegsame geriewe en baie speelplek vir kinders.

Groot Lapa:

Ons "Groot Lapa" leen hom uit vir lekker kuiers as 'n groep vriende of familie. Dit bied 'n ruimte wat afgesonder kan wees vir funksies met genoegsame geriewe, goeie diens en veilige parkering vir gaste.

Klein Lapa:

Ons "Klein Lapa" is die ideale area vir kleiner, gesellige byeenkomste. Baie geskik om afgesonder te word vir kinderpartytjies. Ons bied steeds ons goeie diens, genoegsame geriewe en veilige parkering. Gemaklike toegang tot die kinderspeelarea.

Kapel:

Ons "Kapel" bied die ideale area vir 'n klein en intieme huwelikseremonie en kan tot 100 mense huisves, waarna 'n onthaal en veesvieringe in een van ons naby geleƫ lokale gehou kan word. Daar is genoegsame geriewe en veilige parkering vir gaste. Ons kan jou help om jou droom waar te maak.

Saal:

Ons "Saal" is die ideale lokaal vir 'n onthaal na die huweliksbevestiging en kan tot 150 mense huisves. Ons bied genoegsame geriewe, ons "altyd" goeie dienste en veilige parkering vir gaste.

Enige Vra? Kontak Ons »
© All Rights Reserved - Nouvelle Graphique : 0659331239