OOR ONS

Ons Storie

Jan Se Skuld is ‘n Restaurant en Kroeg in Pretoria met heerlike kos, kinderspeelarea en live musiek. Onthou net as jy lekker kuier… Dis alles Jan se skuld!
Dis alles Jan se skuld!

Waar topklas gratis vermaak, bekostigbare etes en vriendelike diens ontmoet!

In 1652 het Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom met een doel voor oë – om diens te verskaf aan verbygaande skepe deur ‘n verversingstasie op te rig in Kaap De Goeie Hoop, aan die Suidpunt van Afrika.

Met 90 aanvanklike koloniste wat hom na die Kaap vergesel het, vorm hy die eerste Nederlandse nedersetting, wat toe bale vinnig genoeg groente kon produseer vir die verversingstasie.

Vleis moes egter verkry word deur ruilhandel met die plaaslike Khoi-Khoi stamme. Graan was ‘n probleem – meestal as gevolg van die weerstoestande en ‘n gebrek aan landbou kennis. Dit is toe Jan ‘n plan maak en besluit om Vryburgers aan te stel om self graan te produseer en te verskaf aan die verversingstasie. Hierdie inisiatief het kort voor lank die Kaap van ‘n verversingspos na ‘n kolonie verander en die grondslag gele vir die ontwikkeling van ‘n nasie – dit was alles Jan se Skuld!

Net soos Jan van Riebeeck inisiatief geneem het met die instelling van die Vryburgers, so het eienaars Johan, Helga en Corrie besluit om hul passie uit te leef en hulle eie “Verversingstasie” op die been te bring. Met meer as 20 jaar se ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf asook in kommersiële besigheidsbestuur, het die eienaars ‘n konsep geskaaf en gevorm waar elke kliënt ‘n “Vryburger” kan wees wat bydra tot die sukses en voortbestaan van ons eie verversingstasie – Jan Se Skuld!

Jan Se Skuld is ‘n gesinsvriendelike Kroeg en Restaurant wat daarna strewe om:

  • Leiding te neem deur oorpronklike idees te implementeer – wat ander sal volg.
  • Verskeidenheid gratis topklas vermaak aan te bied Vrydae, Saterdae en Sondae.
  • Heerlike kos te bedien teen bekostigbare pryse.
  • Vriendelikheid en goeie diens te promoveer.

!! Huisreëls by Jan se Skuld !!

  • Van ons disse mag ‘n tydjie neem om voor te berei, wagtydperk kan wissel tot en met 30 minute – afhangende van hoe besig ons is (veral oor naweke).
  • Asseblief “tip” volgens die diens wat U ontvang.
  • Geen drankverkope aan onder 18 jariges nie – nie eens onder toesig van ouers nie.
  • Reg op toegang voorbehou – Geen wangedrag sal toegelaat word nie.
  • Kliënte wat hul self skuldig maak aan wangedrag, geweld of bakleiery sal die perseel verlaat en vorentoe belet word – geen uitsonderings.