Welkom by Jan Se Skuld!
Wie is Jan!
Jan Se Skuld is ‘n Restaurant en Kroeg in Pretoria met heerlike kos, kinderspeelarea en live musiek. Net soos Jan van Riebeeck die grondslag gelê het vir die ontwikkeling van ‘n nasie, so ook lê Jan se Skuld die fondasies neer vir ‘n kuierplek enige in sy soort. Onthou net as jy lekker kuier… dis alles Jan se skuld!
Sedert 1652 tot nou. Dis alles Jan se Skuld!
ONS GASTE EET LEKKER
Daaglikse Winskopies
Geniet die week met Jan se alledaagse spesiale aanbiedinge – van hoenderschnitzel tot Eisbein, burgers en T-bones, plus lewendige musiek, karaoke, vasvra-aande en gratis topklasvermaak elke naweek!
ONS GASTE KUIER LEKKER
Weeklikse Gratis Vermaak
Woensdae
Kom sing jou hart uit op ons verhoog tydens ons Karaoke aande. Onthou net as jy vals sing is dit Jan se skuld!
Donderdae
Kom toets jou vriende se algemene kennis by ons weeklikse Quiz Night. Wys ons wie is ‘n slimjan.
Vrydae, Saterdae en Sondae
Ons bied elke Vrydag, Saterdag en Sondag gratis topklas vermaak aan. Ons gee ons verhoog vir nuwe en bekende talent.
Absoluut fantastiese diens. Was dadelik gesit, hulle het selfs tafels rondgedra om te akkommodeer waar ons wou sit. Vriendelike wagpersoneel. Alhoewel hulle baie besig was, was dit nie 'n lang wag nie. Julle sal my weer sien!!!!
Mel Venter Kapp

Die lewendige musiek, heerlike kos en wonderlike atmosfeer was awesome. Die diens gelewer deur die kelners was uitstekend. ons sal beslis weer kom.
Veronica Botha Venter
Die lewendige musiek, heerlike kos en wonderlike atmosfeer was awesome. Die diens gelewer deur die kelners was uitstekend. ons sal beslis weer kom.
Veronica Botha Venter
Fantastiese personeel, vriendelik, gasvry en gereed om in elke behoefte te voorsien, dankie.
Natascha Jansen Van Vuuren
Fantastiese personeel, vriendelik, gasvry en gereed om in elke behoefte te voorsien, dankie.
Natascha Jansen Van Vuuren
Heerlike kos en 'n lekker kroeg-vibe.
Chantelle Bloem
Heerlike kos en 'n lekker kroeg-vibe.
Chantelle Bloem
Wat 'n Fantastiese plek. Heerlike vermaak. Awesome kos. Wel Goed gedoen! Sal oor en oor teruggaan.
Sonja Lubbe
Wat 'n Fantastiese plek. Heerlike vermaak. Awesome kos. Wel Goed gedoen! Sal oor en oor teruggaan.
Sonja Lubbe
Baie lekker verwelkomende en vriendelike plek om te drink en iets lekker te eet! Ook baie kindervriendelik met 'n oerwoudgimnasium, swaaie en binnenshuise speelarea! Sal dit beslis aanbeveel vir enigiemand wat op soek is na 'n verkoelde plek met lewendige musiek en vasvra-aande.
Bianca Els

Ongelooflike eerste besoek! Verwelkomde atmosfeer, vriendelike personeel en heerlike kos definieer hierdie restaurant. Baie smaaklike opsies met nuttige voorstelle van bedieners. Oorgenoeg gratis en onderdakparkeerplek, uiteenlopende sitplekkeuses en 'n kinderspeelkamer onder toesig. Beveel sterk aan vir 'n lekker uitstappie!
Melissa Jonker

Leer ons ken
Restaurant en Kroeg
Jan Se Skuld, dien as ‘n Restaurant en Kroeg. Ons is oop vir funksies, ontbyt, middagete, aandete en drankies. Ons verwelkomende speelarea vir die kinders, maak Jan Se Skuld die perfekte restaurant vir die hele gesin.
Ons strewe daarna om heerlike kos te bedien teen bekostigbare pryse, in ‘n lekker atmosfeer waar vriendelike en goeie diens seëvier.
SPESIALE KEUSE
Van ons spyskaart
Ons spog met ‘n verskeidenheid topklas items op ons spyskaart. Hier is ‘n paar van ons gunstelinge.
Ontbyt
Setlaars Ontbyt
Jan se ontbyt is legendaris. Kom geniet ons Setlaars Ontbyt! 2 eiers, 2 repies spek, 2 kaasworsies, 2 "hash browns", porsie skyfies en roosterbrood
lig en gesond
Hoenderslaai
Lus vir iets lig en gesond? Bestel ons gebraaide of gekrummelde hoenderrepies slaai met feta, peppadews en ‘n heerlike slaaisous.
Smaaklik en Gerieflik
Jan se Bredie
Heerlike sag gekookte bief bredie bedien met pap of mash en ‘n smaaklike sous. Regte Sondagmiddag kookkos wat jy enige dag van die week kan geniet.
beter as jou vrou s'n
Braaibroodjies
Kan as bykos saam enige hoofmaaltyd bestel word. Of as ‘n roosterbroodjie met die keuse van wit of bruinbrood bedien met skyfies of slaai. Ons braaibroodjies is beter as jou vrou sin.
Bykosse
Jan se Versnapper-Happies is gemaak om te deel!
Ons het ‘n verskeidenheid disse wat jou mond gaan laat water.
nagereg
Belgiese Wafel met Bar-One Sous en Roomys
Die lekkerste nagereg! Ons waffels is groot, vars en liplekker.